Klipwerf Orkes Klipwerf Orkes Klipwerf Orkes Klipwerf Orkes Klipwerf Orkes Klipwerf Orkes
Klipwerf Orkes Klipwerf Orkes Klipwerf Orkes Klipwerf Orkes Klipwerf Orkes Klipwerf Orkes
Tuisblad   Wie's Ons   Albums   Kontak   Bestel   Foto Galery   Pers
 
 
 
 
Aan alle Klipwerf vriende, as u weet van iemand wat ons CD’s kopieer, skakel asseblief net hierdie nommer: 011 886 1342 en laat die persoon se naam en adres. U sal sorg dat Klipwerf nog baie CD’s op die mark kan bring.
 
 
 
 
Milestone Studios


Wie's Ons?

English Version

Hentie Visagie en sy twee seuns, Johann en Kobus, en 'n vierde lid, Nicol Louw, het saam Klipwerf Boereorkes begin in 1969. Die groep het feitlik oornag enorm populêr geword, maar het eers amper 20 jaar later hul eerste album opgeneem - in 1988. Sedert 1990 het Klipwerf Orkes ten minste een album per jaar opgeneem, en as gevolg van ons unieke styl, het die aanvraag vir optredes en opnames met rasse skrede toegeneem. Klipwerf is deesdae 'n huishoudelike naam in Suid Afrika en selfs oorsee.

Met verkope van meer as 1,2 miljoen, is Klipwerf Orkes Suid Afrika se mees suksesvolle tradisionele orkes ooit. Van ons 25 albums en drie DVDs, het 22 albums Goue status bereik, terwyl ses Platinum status behaal het.

Al die vorige lede kan hier gesien word. 'n Uittreksel uit ons geskiedenis kan hier gesien word.

 

Huidige Klipwerf Orkes Lede

Kobus Visagie - Klawerbord


Kobus is 'n plaasboer in die Calvinia distrik. Hy is getroud met Rita en hulle het twee kinders. Kobus het 'n enorme musiek talent, en soos meeste van die groep speel hy sonder enige formele kennis van musikale notasie.

Genè van Niekerk - Klawerbord


Genè is met Stollie getroud en hulle is geseën met twee pragtige kinders. Genè is 'n onpretensieuse boervrou uit die hartjie van die Boesmanland. Sy is die kleindogter van Ellie Swartjan, 'n bekende musikant in eie reg.

Edwin Bradley - Kitaar


Edwin is werksaam by 'n plaaslike bank op Calvinia, en hy is getroud met Brenelda Mostert, 'n nooi uit Namakwaland. Hulle kroos bestaan uit 'n dogter, Shanel en seun Jack. Wanneer daar nie gewerk of musiek gemaak word nie, doen hy graag houtwerk en vroulief bedryf 'n voëlboerdery.

Derrick Germishuys - Dromme


Derrick is werksaam by die Departement Korrektiewe Dienste op Calvinia, en is getroud met Wilna Oberholster. Hulle twee kinders, Christelle en Bill is onderskeidelik woonagtig in London en Trompsburg.

Al die vorige lede kan hier gesien word. 'n Uittreksel uit ons geskiedenis kan hier gesien word.

 
 

Tuisblad | Wie's Ons | Albums | Kontak | Bestel | Foto Galery | Pers | Onskadelikstel

© Kopiereg Klipwerf Multi Musiek BK ® 1997 - 2009

Ontwerp & in stand gehou deur
WMS Computers & Sound