Klipwerf Orkes Klipwerf Orkes Klipwerf Orkes Klipwerf Orkes Klipwerf Orkes Klipwerf Orkes
Klipwerf Orkes Klipwerf Orkes Klipwerf Orkes Klipwerf Orkes Klipwerf Orkes Klipwerf Orkes
Tuisblad   Wie's Ons   Albums   Kontak   Bestel   Foto Galery   Pers
 
 
 
 
Aan alle Klipwerf vriende, as u weet van iemand wat ons CD’s kopieer, skakel asseblief net hierdie nommer: 011 886 1342 en laat die persoon se naam en adres. U sal sorg dat Klipwerf nog baie CD’s op die mark kan bring.
 
 
 
 
Milestone Studios


Welkom!

English Version

Hallo en welkom by Klipwerf Orkes se webwerf, liewe vriende.

Die doel van hierdie blaaie is om jou bekend te stel aan ons musiek, geskiedenis, ons lede en gewese lede.

Hentie Visagie en sy twee seuns, Johann en Kobus, en 'n vierde lid, Nicol Louw, het saam Klipwerf Boereorkes begin in 1969. As groep het ons feitlik oornag enorm populêr geword, maar het eers amper 20 jaar later ons eerste album opgeneem - in 1988. Sedert 1990 het Klipwerf Orkes ten minste een album per jaar opgeneem, en as gevolg van ons unieke styl, het die aanvraag vir optredes en opnames met rasse skrede toegeneem. Klipwerf is deesdae 'n huishoudelike naam in Suid Afrika en selfs oorsee.

Met verkope van meer as 1,2 miljoen, is Klipwerf Orkes Suid Afrika se mees suksesvolle orkes ooit. Van ons 24 albums en twee DVDs, het 22 albums Goue status bereik, terwyl ses Platinum status gekry het.

Julle moet asseblief van julle laat hoor deur die middele beskikbaar op die Kontakblad. Ons nooi jou om gerus ons webwerf te deurkruis, en om dikwels terug te kom vir nog 'n besoek.

Opgraderings en bywerkings vir ons webwerf sal van tyd tot tyd gedoen word, veral in die Albums afdeling. Die aard van die webwerf vereis nie opdatering op 'n daaglikse basis nie, maar waar nodig sal dit so gou doenlik geskied. Opdatering sal meeste van die tyd kosmeties van aard wees. Julle moet asseblief nie huiwer om met ons in aanraking te kom as daar dinge is wat julle hier wil sien, en as die voorstel pas by wat ons probeer bereik, sal ons dit met groot graagte hier insluit.

Ons het inmiddels besluit om weg te doen met die gasteboek as gevolg van ongure karakters wat lelike dinge daar opgesit het. Jammer daaroor, dit kan egter nie verhelp word nie.

Ons het besluit om nie internet aankope te implimenteer nie, as gevolg van die aard daarvan, waar 100% sekuriteit nie gewaarborg kan word nie. Ons sidder om te dink dat selfs één van ons ondersteuners enige verlies mag lei. Maak asseblief gebruik van ons bestel blad, sodat ons jou musiek so gou as moontlik kan aanstuur.

Weereens, baie welkom hier en ons vertrou dat jy die ondervinding sal geniet.


 
 

Tuisblad | Wie's Ons | Albums | Kontak | Bestel | Foto Galery | Pers | Onskadelikstel

© Kopiereg Klipwerf Multi Musiek BK ® 1997 - 2009

Ontwerp & in stand gehou deur
WMS Computers & Sound